Getuie Sien ook Getuienis ’n Verklaring of ander bewys dat iets waar is. ’n Getuie is iemand wat ’n verklaring aflê of getuienis lewer wat op persoonlike kennis gebaseer is. Jy mag geen valse getuienis spreek nie, Ex. 20:16. Die evangelie sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies, Matt. 24:14 (JS—M 1:31). Julle sal my getuies wees, Hand. 1:8. Die Gees self getuig saam met ons gees, Rom. 8:16 (1 Joh. 5:6). Julle is gewillig om as getuies van God te staan te alle tye, Mosia 18:8–9. Ons gebruik van die nagmaal om aan die Vader te getuig dat ons die gebooie sal onderhou en Jesus altyd sal onthou, 3 Ne. 18:10–11 (Moro. 4–5; L&V 20:77–79). Julle ontvang geen getuienis tot na die beproewing van jul geloof, Ether 12:6. Die wet van getuienisse: in die mond van twee of drie getuies sal elke woord bevestig word, L&V 6:28 (Deut. 17:6; Matt. 18:16; 2 Kor. 13:1; Ether 5:4; L&V 128:3). Ek het julle geordineer om Apostels en besondere getuies van my Naam te wees, L&V 27:12 (L&V 107:23). Die Sewentig word geroep om besondere getuies vir die nie-Jode te wees in die hele wêreld, L&V 107:25. Laat daar ’n klerk wees, en laat hom ’n ooggetuie wees van julle dope, L&V 127:6 (L&V 128:2–4).