Selestiale Heerlikheid Sien ook Ewige Lewe; Grade van Heerlikheid; Verheffing Die hoogste van die drie grade van heerlikheid wat ’n persoon kan bereik na hierdie lewe. Hier sal die regverdiges woon in die teenwoordigheid van God die Vader en sy Seun Jesus Christus. Die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse, 1 Kor. 15:40 (L&V 76:96). Paulus is weggeruk tot in die derde hemel, 2 Kor. 12:2. Selestiale heerlikheid is in ’n visioen getoon, L&V 76:50–70. As die Heiliges ’n plek begeer in die selestiale wêreld, moet hulle hul voorberei, L&V 78:7. Hy wat nie die wet van ’n selestiale koninkryk kan gehoorsaam nie, kan nie in ’n selestiale heerlikheid woon nie, L&V 88:15–22. In die selestiale heerlikheid is daar drie hemele; voorwaardes word uiteengesit om die hoogste te bereik, L&V 131:1–2. Kinders wat sterf voor die ouderdom van toerekenbaarheid word gered in die selestiale koninkryk, L&V 137:10.