Droom Sien ook Openbaring Een manier waardeur God sy wil openbaar aan mans en vroue op aarde. Nie alle drome is egter openbaringe nie. Geïnspireerde drome is die vrug van geloof. Hy het gedroom—daar is ’n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, Gén. 28:12. Josef het ’n droom gehad, Gén. 37:5. Deur ’n droom sal Ek met hom spreek, Núm. 12:6. Nebukadnésar het ’n droom gehad, Dan. 2:1–3. Ou mense sal drome droom, Joël 2:28 (Hand. 2:17). Die engel van die Here het aan hom in ’n droom verskyn, Matt. 1:20 (Matt. 2:19). Lehi het baie dinge geskryf wat hy in drome gesien het, 1 Ne. 1:16. Lehi het ’n droom gedroom, 1 Ne. 8.