Laman Sien ook Lamaniete; Lehi, Vader van Nefi In die Boek van Mormon, die oudste seun van Lehi en Saria en die oudste broer van Nefi (1 Ne. 2:5). Laman het oor die algemeen gekies om eerder kwaad as goed te doen. Laman het teen sy vader gemurmureer, 1 Ne. 2:11–12. Het teen sy regverdige broer, Nefi, gerebelleer, 1 Ne. 7:6 (1 Ne. 3:28–29). Het nie geneem van die vrug van die boom van die lewe in Lehi se visioen nie, 1 Ne. 8:35–36. ’n Vloek het oor Laman en sy volgelinge gekom, 2 Ne. 5:21 (Alma 3:7).