Voorbeeld ’n Model wat ’n persoon kan volg om sekere resultate te verkry. In die skrifture beteken voorbeeld gewoonlik ’n model om ’n sekere wyse te leef of om iets te bou. Die Here het Israel beveel om ’n tabernakel te bou volgens die voorbeeld wat aan Moses getoon is, Ex. 25. Dawid het aan Salomo die voorbeeld gegee om die tempel te bou, 1 Kron. 28:11–13. Dat Jesus Christus in my ’n voorbeeld mag betoon vir die wat in Hom sal glo, 1 Tim. 1:16. Ek sal aan julle ’n voorbeeld in alle dinge gee sodat julle nie bedrieg mag word nie, L&V 52:14.