Zenos ’n Profeet van Israel in Ou Testamentiese tye wie se profesieë van Christus se sending net in die Boek van Mormon gevind word. Het geprofeteer van Christus se begrafnis en drie dae van duisternis, 1 Ne. 19:10, 12. Het die versameling van Israel voorspel, 1 Ne. 19:16. Jakob het die gelykenis van Zenos aangehaal van die mak en die wilde olyfbome, Jakob 5. Jakob het uitgebrei op Zenos se gelykenis, Jakob 6:1–10. Het hulle geleer aangaande gebed en aanbidding, Alma 33:3–11. Het geleer dat verlossing deur die Seun kom, Alma 34:7. Is gedood vanweë sy sterk getuienis, Hel. 8:19. Het geskryf oor die herstelling van die Lamaniete, Hel. 15:11. Het getuig van die vernietiging tydens Christus se dood, 3 Ne. 10:15–16.