Gebroke Hart Sien ook Bekeer, Bekering; Hart; Nederig, Nederigheid; Offerande; Sagmoedig, Sagmoedigheid Om ’n gebroke hart te hê is om nederig, verslae, bekeerd en sagmoedig te wees—dit is, ontvanklik vir die wil van God. Ek woon by hom wat ’n verslae en ’n nederige gees het, Jes. 57:15. Christus het Homself geoffer vir diegene wat ’n gebroke hart en ’n verslae gees het, 2 Ne. 2:7. Offer aan die Here as ’n offerande ’n gebroke hart en ’n verslae gees, 3 Ne. 9:20 (L&V 59:8). Slegs diegene met gebroke harte en verslae geeste word aanvaar vir die doop, Moro. 6:2. Jesus is gekruisig vir die vergifnis van sondes vir die verslae hart, L&V 21:9. Hy wie se gees verslae is, word aanvaar, L&V 52:15. Die Heilige Gees word belowe aan diegene wat verslae is, L&V 55:3. My gees word uitgestuur om die ootmoediges en die verslae te verlig, L&V 136:33.