Die gees van medelye, teerheid en vergifnis. Barmhartigheid is een van die eienskappe van God. Jesus Christus bied barmhartigheid aan ons deur sy soenoffer.
Die Here is barmhartig en genadig, Ex. 34:6 (Deut. 4:31 ).
Sy goedertierenheid is tot in ewigheid, 1 Kron. 16:34 .
Net goedheid en guns sal my volg, Ps. 23:6 .
Hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig, Spr. 14:21 .
Ek het ’n behae in liefde en nie in offerande nie, Hos. 6:6 .
Geseënd is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word, Matt. 5:7 (3 Ne. 12:7 ).
Wee julle geveinsdes wat tiendes gee, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg, barmhartigheid en trou, Matt. 23:23 .
Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is, Lk. 6:36 .
Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered, Tit. 3:5 .
Die tere barmhartigheid van die Here is oor al diegene wat Hy gekies het, 1 Ne. 1:20 .
Barmhartigheid het geen eis op diegene wat nie bekeer nie, Mosia 2:38–39 .
God is barmhartig teenoor almal wat in sy Naam glo, Alma 32:22 .
Barmhartigheid kan die eise van geregtigheid bevredig, Alma 34:16 .
Veronderstel jy dat barmhartigheid geregtigheid kan berowe, Alma 42:25 (Alma 42:13–25 ).
Klein kindertjies is lewendig in Christus vanweë sy barmhartigheid, Moro. 8:19–20 (L&V 29:46 ).
Jesus Christus se arm van barmhartigheid het vir julle sondes versoen, L&V 29:1 .
Deur middel van die bloed wat Ek gestort het, het Ek voor die Vader gepleit vir hulle wat in my Naam glo, L&V 38:4 .
Hulle wat die verbond onderhou het sal barmhartigheid ontvang, L&V 54:6 .
Ek die Here vergewe sondes en is barmhartig teenoor diegene wat hulle sondes met nederige harte bely, L&V 61:2 .
Ek, die Here, betoon barmhartigheid teenoor al die sagmoediges, L&V 97:2 .
En wie jou ontvang as ’n klein kindjie, ontvang my koninkryk, want hulle sal barmhartigheid ontvang, L&V 99:3 .