Iets wat nie geestelik is nie; in die besonder mag die woord gebruik word om te beteken óf sterflik en verganklik (L&V 67:10 ), óf wêrelds, vleeslik en sinlik (Mosia 16:10–12 ).
Om vleeslik gesind te wees is die dood, 2 Ne. 9:39 .
Die duiwel sus mense weg in vleeslike gerustheid, 2 Ne. 28:21 .
Hulle het hulself aanskou in hulle eie vleeslike toestand, Mosia 4:2 .
Hy wat volhou in sy eie vleeslike natuur, bly in sy vervalle toestand, Mosia 16:5 .
Almal moet gebore word uit God, en verander word van hul vleeslike en vervalle toestand, Mosia 27:25 .
Die mensdom het vleeslik, sinlik en duiwels geword, Alma 42:10 .
Diegene wat hulle eie wil en vleeslike begeertes navolg, moet val, L&V 3:4 .
Die mens kan God nie sien met ’n vleeslike verstand nie, L&V 67:10–12 .