Bevriend Sien ook Eenheid; Liefde Vir Heiliges van die Laaste Dae sluit in “om te bevriend”, om vriendskap aan te bied, te dien, op te hef en andere te versterk. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself, Lev. 19:18 (Matt. 19:19; L&V 59:6). As jy eendag bekeerd is, moet jy jou broers versterk, Lk. 22:32. Julle is my dissipels as julle liefde onder mekaar het, Joh. 13:35. Laat my skape wei, Joh. 21:15–17. Hulle het gebid dat ons op ons die vriendskap moes neem in die diensbetoning aan die Heiliges, 2 Kor. 8:1–5. Ons gemeenskap is met die Vader, en met sy Seun, 1 Joh. 1:3. Die Nefiete en Lamaniete het vriendskaplik met mekaar verkeer, Hel. 6:3. Laat elkeen sy broer hoog ag soos homself, L&V 38:24–25. As julle nie een is nie, is julle nie myne nie, L&V 38:27. Ek ontvang jou in broederskap om jou vriend en broer te wees, L&V 88:133.