Christene Sien ook Dissipel; Heilige ’n Naam gegee aan gelowiges in Jesus Christus. Alhoewel hierdie term algemeen gebruik word dwarsdeur die wêreld, het die Here ware gelowiges van Christus aangedui as Heiliges (Hand. 9:13, 32, 41; 1 Kor. 1:2; L&V 115:4). Die dissipels is Christene genoem, Hand. 11:26. Wanneer iemand as ’n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, 1 Petr. 4:16. Vanweë die verbond, sal julle die kinders van Christus genoem word, Mosia 5:7. Ware gelowiges is Christene genoem deur diegene wat nie lede van die Kerk was nie, Alma 46:13–16.