Om heilige guns aan iemand te verleen. Enigiets wat bydra tot ware geluk, welsyn, of voorspoed is ’n seëning.
Alle seëninge is gebaseer op ewige wette (L&V 130:20–21). Omdat God wil hê dat sy kinders vreugde mag hê in die lewe (2 Ne. 2:25), gee Hy seëninge aan hulle as gevolg van hulle gehoorsaamheid aan sy gebooie (L&V 82:10), in antwoord op ’n gebed of priesterskapordinansie (L&V 19:38; 107:65–67), of deur sy genade (2 Ne. 25:23).