Studiehulp
Spreuk


Spreuk

’n Kort morele gesegde of raad.

Die boek Spreuke

’n Ou Testamentiese boek wat baie gelykenisse, gesegdes en gedigte bevat, sommige waarvan deur Salomo geskryf is. Die boek Spreuke word dikwels in die Nuwe Testament aangehaal.

Hoofstuk 1–9 bevat ’n verduideliking van ware wysheid. Hoofstuk 10–24 bevat ’n versameling van gesegdes aangaande die regte en verkeerde maniere van lewe. Hoofstuk 25–29 bevat die spreuke van Salomo wat die manne van Hiskía, Koning van Juda, opgeteken het. Hoofstuk 30–31 sluit ’n beskrywing van ’n deugsame vrou in.

Druk