Toorn is die uiting van humeur. Die Here het sy Heiliges vermaan om hulle toorn te beteuel (Matt. 5:22 ). Nóg ouer, nóg kind behoort andere in die gesin te mishandel. In die skrifture word toorn dikwels figuurlik voorgestel as vuur (2 Ne. 15:25 ; L&V 1:13 ).
En Kain was baie kwaad, en sy hoof het gehang, Gén. 4:5 .
Die Here is lankmoedig, en van groot goedertierenheid, Ps. 145:8 .
’n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, Spr. 15:1 .
’n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar, Spr. 15:18 (Spr. 14:29 ).
Om my Naam ontwil vertraag ek my toorn, Jes. 48:9 .
Ek het my hande uitgebrei na ’n volk wat my aanhoudend terg tot toorn, Jes. 65:2–3 .
Wie jou ook al op jou regterwang sal slaan, draai na hom die ander een ook, Matt. 5:39 .
Julle vaders, terg nie julle kinders tot toorn nie, Efés. 6:4 .
Omdat ek julle die waarheid vertel het, is julle kwaad vir my, Mosia 13:4 .
Ek sal hierdie volk in my toorn besoek, Alma 8:29 .
Teenoor niemand word sy toorn ontsteek nie, behalwe diegene wat nie sy hand in alle dinge erken nie, L&V 59:21 .
Ek, die Here is vertoornd teen die goddelose, L&V 63:32 .