Studiehulp
Galásiërs, Sendbrief aan


Galásiërs, Sendbrief aan

’n Boek in die Nuwe Testament. Dit was aanvanklik ’n brief wat die Apostel Paulus geskryf het aan die Heiliges wat regdeur Galasië gewoon het. Die tema van hierdie brief is dat ware vryheid slegs gevind kan word deur die evangelie van Jesus Christus te leef. Indien die Heiliges die leringe van die Joodse Christene aanvaar het wat daarop aandring om die wet van Moses na te volg, sou hulle die vryheid wat hulle in Christus gevind het, beperk of vernietig. In die sendbrief het Paulus sy eie posisie as ’n Apostel gestel, en het die leerstelling van regverdigheid deur geloof verduidelik, en het die waarde van ’n geestelike geloof bevestig.

In hoofstuk 1 en 2 was Paulus teleurgestel deur die nuus wat hy ontvang het van afvalligheid onder die Galásiërs en het sy opdrag aan die Apostels duidelik gemaak. Hoofstuk 3 en 4 bespreek die leer van geloof en werke. Hoofstuk 5 en 6 bevat ’n preek oor die praktiese resultate van die leerstelling van geloof.

Druk