Iemand of iets wat nie in ooreenstemming is met die wil of gebooie van God nie; onheilig. Boos, onregverdigheid; om ongehoorsaam te wees aan God se gebooie.
Hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God, Gén. 39:7–9 .
Die weg van die goddelose sal vergaan, Ps. 1:6 .
Die Here is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy, Spr. 15:29 .
As die goddelose heers, sug die volk, Spr. 29:2 (L&V 98:9 ).
Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit, 1 Kor. 5:13 .
Ons worstelstryd is teen die bose geeste in die lug, Efés. 6:12 .
As die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn, 1 Petr. 4:18 .
Op daardie uur kom ’n algehele skeiding van die regverdiges en die bose, L&V 63:54 .
Wraak kom spoedig oor die bose, L&V 97:22 .
Onder die bose was die Saligmaker se stem nie verhef nie, L&V 138:20 .