Die vermoë om iets te doen. Om mag te hê oor iemand of iets is om die vermoë te hê om daardie persoon of ding te beheer of te gebied. In die skrifture word mag dikwels vereenselwig met die mag van God of die mag van die hemel. Dit is dikwels nou verwant aan priesterskapsgesag, wat die toestemming of reg is om namens God te handel.
Maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, Ex. 9:16 .
God is my sterk toevlug, 2 Sam. 22:33 .
Hou ’n weldaad nie terug as dit in jou mag is om dit te doen nie, Spr. 3:27 .
Ek daarenteen is vol krag, met die Gees van die Here, Miga 3:8 .
Aan my is gegee alle mag in die hemel en op die aarde, Matt. 28:18 .
Hulle was verslae oor sy leer, want sy woord was met gesag, Lk. 4:32 .
Julle moet in die stad bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogste, Lk. 24:49 .
Almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, Joh. 1:12 (L&V 11:30 ).
Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle gekom het, Hand. 1:8 .
Daar is geen mag behalwe van God nie, Rom. 13:1 .
Julle word in die krag van God bewaar deur die geloof tot heil, 1 Petr. 1:3–5 .
Ofskoon ’n mens krag mag hê om kragtige werke te doen, as hy roem in sy eie krag, moet hy val, L&V 3:4 .
Die krag om goed te doen is in elke persoon, L&V 58:27–28 .
In die ordinansies van die Melgisédekse Priesterskap word die krag van goddelikheid geopenbaar, L&V 84:19–22 .
Die regte van die priesterskap is onlosmaaklik verbind met die kragte van die hemel, L&V 121:34–46 .