Eerste Presidensie Sien ook Openbaring; President; Sleutels van die Priesterskap Die President van die Kerk en sy Raadgewers. Hulle is ’n kworum van drie hoëpriesters en presideer oor die hele Kerk. Die Eerste Presidensie hou al die sleutels van die priesterskap. Die sleutels van die koninkryk behoort altyd aan die Presidensie van die Hoëpriesterskap, L&V 81:2. Die Presidensie van die Hoëpriesterskap het die reg om in alle ampte op te tree, L&V 107:9, 22. Wie ook al My ontvang, ontvang die Eerste Presidensie, L&V 112:20, 30. Die Eerste Presidensie sal die openbaringe vir die hele Kerk ontvang, L&V 124:126.