Jered Sien ook Jered, Broer van; Jerediete ’n Boek van Mormon leier wat, tesame met sy broer, ’n groep mense gelei het vanaf die Toring van Babel na ’n beloofde land in die westelike halfrond (Ether 1:33–2:1). Jered het sy broer gevra om te bid dat die Here nie die taal van hulle gesinne en vriende sal verwar nie, Ether 1:34–37. Het gereis na die see en daar gewoon vir vier jaar, Ether 2:13. Het na die beloofde land gevaar, Ether 6:4–12.