Soos gebruik in die skrifture, beteken om te versoen om die straf te ondergaan vir ’n daad van sonde, om daardeur die gevolge van sonde te verwyder van die bekeerde sondaar en hom toe te laat om met God versoen te word. Jesus Christus was die enigste een wat in staat was om ’n volmaakte versoening teweeg te bring vir die hele mensdom. Hy was daartoe in staat omdat Hy gekies is en voorafverordineer is in die Groot Raadsvergadering voordat die wêreld gevorm is (Ether 3:14; Moses 4:1–2; Abr. 3:27), en omdat hy letterlik die Seun van God is en sy sondelose lewe. Sy Versoening het sy lyding vir die sondes van die mensdom ingesluit, die stort van sy bloed, en sy dood en daaropvolgende opstanding uit die graf (Jes. 53:3–12; Lk. 22:44; Mosia 3:5–11; Alma 7:10–13; L&V 19:16–19). As gevolg van die Versoening, sal alle mense opstaan uit die dood met onsterflike liggame (1 Kor. 15:22). Die Versoening verskaf ook die weg vir ons om vergewe te word van ons sondes en vir altyd met God te lewe. Maar ’n persoon wat die ouderdom van toerekenbaarheid bereik het en die wet ontvang het, kan hierdie seëninge ontvang slegs as hy geloof het in Jesus Christus, van sy sondes bekeer, die ordinansies van verlossing ontvang, en die gebooie van God gehoorsaam. Diegene wat nie die ouderdom van toerekenbaarheid bereik nie, en diegene sonder die wet, word verlos deur die Versoening (Mosia 15:24–25; Moro. 8:22). Die skrifture leer duidelik dat as Christus nie vir ons sondes versoen het nie, geen wet, ordinansie, of offerande die eise van geregtigheid sou bevredig nie, en ’n mens kon nooit na God se teenwoordigheid terugkeer nie (2 Ne. 2; 9).