Gehoorsaam, Gehoorsaamheid Sien ook Ag slaan op; Gebooie van God; Seën, Geseënd, Seëning; Vreugde; Wandel, Wandel met God; Wet In ’n geestelike sin is gehoorsaamheid om God se wil te doen. Noag het gedoen net soos God hom beveel het, Gén. 6:22. Abraham het die Here gehoorsaam, Gén. 22:15–18. Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen, Ex. 24:7. Hoor dan Israel, en onderhou dit sorgvuldig, Deut. 6:1–3. Jy moet die Here liefhê en na sy stem luister, Deut. 30:20. Om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, 1 Sam. 15:22. Vrees God en hou sy gebooie, Pred. 12:13–14. Nie elkeen sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader, Matt. 7:21 (3 Ne. 14:21). As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, Joh. 7:17. Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense, Hand. 5:29. Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees, Efés. 6:1 (Kol. 3:20). Ek sal heengaan en die dinge doen wat die Here gebied het, 1 Ne. 3:7. Ek het die stem van die Gees gehoorsaam, 1 Ne. 4:6–18. As die kinders van mense God se gebooie onderhou, voed Hy hulle, 1 Ne. 17:3. Pas op dat julle nie die bose gees gehoorsaam nie, Mosia 2:32–33, 37 (L&V 29:45). Mense maai hulle loon volgens die gees wat hulle gekies het om te gehoorsaam, Alma 3:26–27. Mense moet baie dinge doen uit hulle eie vrye wil, L&V 58:26–29. In niks mishaag die mens God nie, behalwe diegene wat nie sy hand erken en sy gebooie onderhou nie, L&V 59:21. Ek, die Here, is gebonde wanneer julle doen wat Ek sê, L&V 82:10. Elke siel wat my stem gehoorsaam sal my aangesig sien en weet dat Ek is, L&V 93:1. My volk moet gekasty word totdat hulle gehoorsaamheid leer, L&V 105:6. Wanneer ons enige seëning van God ontvang, is dit deur gehoorsaamheid aan daardie wet waarop dit gebaseer is, L&V 130:21. Adam was gehoorsaam, Moses 5:5. Ons sal hulle beproef om te sien of hulle al die dinge sal doen wat die Here sal beveel, Abr. 3:25.