Vieslik, Vieslikheid Sien ook Boos, Boosheid; Onregverdig, Onregverdigheid; Rein en Onrein; Sonde Geestelike onreinheid vanweë opsetlike ongehoorsaamheid aan God. Die Here sal die onreinheid van die dogters van Sion afwas, Jes. 4:4 (2 Ne. 14:4). Die koninkryk van God is nie vieslik nie, 1 Ne. 15:34 (Alma 7:21). Hulle wat vieslik is, sal steeds vieslik wees, 2 Ne. 9:16 (Morm. 9:14). Hoe sal julle voel, as julle voor die gerig van God staan, met julle gewaad bevlek met vieslikheid, Alma 5:22. Hulle moet nog vieslik bly, L&V 88:35. Wanneer sal ek rus, en gereinig word van vieslikheid, Moses 7:48.