Die sekere verwagting van en verlange na die beloofde seëninge van regverdigheid. Die skrifture praat dikwels van hoop as ’n afwagting op die ewige lewe deur geloof in Jesus Christus.
Geseënd is die man wie se vertroue die Here is, Jer. 17:7 .
Die Here sal ’n toevlug vir sy volk wees, Joël 3:16 .
Ons het hoop deur lydsaamheid en die Skrifte, Rom. 15:4 .
God het ons die wedergeboorte geskenk tot ’n lewende hoop in die opstanding van Christus, 1 Petr. 1:3 .
Elke mens wat hierdie hoop het, reinig homself, 1 Joh. 3:2–3 .
Julle moet vorentoe beur met ’n volmaakte hoop, 2 Ne. 31:20 .
Sien dat julle geloof, hoop en naasteliefde het, Alma 7:24 (1 Kor. 13:13 ; Moro. 10:20 ).
Ek wens dat julle op my woorde sal ag slaan om ’n hoop te hê dat julle die ewige lewe sal ontvang, Alma 13:27–29 .
As julle geloof het, hoop julle op dinge wat nie gesien word nie, wat waar is, Alma 32:21 (Hebr. 11:1 ).
Hoop kom van geloof en maak ’n anker vir die siel, Ether 12:4 (Hebr. 6:17–19 ).
Die mens moet hoop of hy kan nie ’n erfenis ontvang nie, Ether 12:32 .
Mormon het gespreek aangaande geloof, hoop en naasteliefde, Moro. 7:1 .
Julle sal hoop deur die versoening van Jesus Christus om opgewek te word tot die ewige lewe, Moro. 7:40–43 .
Die Heilige Gees vervul julle met hoop, Moro. 8:26 (Rom. 15:13 ).