Slawerny Sien ook Vry, Vryheid Om in fisiese of geestelike gebondenheid te verkeer. Die huis van Israel het in slawerny gegaan vanweë hulle onregverdigheid, Eség. 39:23. Iemand wat krygsgevangenes maak, gaan in krygsslawerny, Openb. 13:10. Die bose sal afgebring word in die slawerny van die duiwel, 1 Ne. 14:4, 7. Die mens is vry om vryheid te kies en die ewige lewe, of om slawerny en die dood te kies, 2 Ne. 2:27. Die wil van die vlees gee aan die duiwel mag om gevange te neem, 2 Ne. 2:29. Het julle voldoende in gedagtenis gehou die slawerny van julle vaders, Alma 5:5–6. Hulle wat hulle harte verhard, word gevange geneem deur die duiwel, Alma 12:11. Waak en bid altyd sodat julle nie versoek word deur die duiwel, en julle gevange weggevoer word deur hom nie, 3 Ne. 18:15.