Weg Sien ook Jesus Christus; Wandel, Wandel met God Die pad of koers wat ’n persoon volg. Jesus het gesê Hy is die weg (Joh. 14:4–6). Hou die gebooie van die Here om in sy weë te wandel, Deut. 8:6. Oefen die seun volgens die eis van sy weg, Spr. 22:6 (2 Ne. 4:5). Die Here het gesê sy weë is hoër as ons weë, Jes. 55:8–9. Die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, Matt. 7:13–14 (3 Ne. 14:13–14; 27:33; L&V 132:22, 25). God sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, 1 Kor. 10:13. Die Here gee geen gebooie aan die kinders van mense nie, behalwe as Hy ’n weg vir hulle sal voorberei om dit uit te voer, 1 Ne. 3:7 (1 Ne. 9:6; 17:3, 13). Daar is geen ander weg behalwe as by die poort nie, 2 Ne. 9:41. Julle is vry om vir julleself te handel om die weg te kies van eindelose dood, of die weg van die ewige lewe, 2 Ne. 10:23. Dit is die weg, en daar is geen ander weg nie nóg naam, 2 Ne. 31:21 (Mosia 3:17; Alma 38:9; Hel. 5:9). In die gawe van sy Seun het God ’n uitnemender weg berei, Ether 12:11 (1 Kor. 12:31). Elke mens wandel op sy eie weg, L&V 1:16. Dit moet gedoen word op my eie manier, L&V 104:16.