Kain Sien ook Abel; Adam; Geheime Organisasies; Moord ’n Seun van Adam en Eva wat sy jonger broer, Abel, gedood het (Gén. 4:1–16). Sy offerande is deur die Here verwerp, Gén. 4:3–7 (Moses 5:5–8, 18–26). Het sy broer Abel gedood, Gén. 4:8–14 (Moses 5:32–37). Die Here het ’n vloek oor hom uitgespreek en ’n merk op hom geplaas, Gén. 4:15 (Moses 5:37–41). Adam en Eva het baie seuns en dogters gehad voordat hy gebore was, Moses 5:1–3, 16–17. Het Satan liewer gehad as vir God, Moses 5:13, 18. Het ’n onheilige verbond gesluit met Satan, Moses 5:29–31.