Vuur Sien ook Aarde—Reiniging van die aarde; Doop; Heilige Gees; Hel ’n Simbool van reiniging, suiwering of heiliging. Vuur kan ook dien as ’n simbool van God se teenwoordigheid. U God is ’n verterende vuur, Deut. 4:24. Die Here maak van sy dienaars vuurvlamme, Ps. 104:4. Die Here van die leërskare sal hulle besoek met die vlam van ’n verterende vuur, Jes. 29:6 (2 Ne. 27:2). Die Here sal kom in vuur, Jes. 66:15. Hy sal wees soos die vuur van die smelter, Mal. 3:2 (3 Ne. 24:2; L&V 128:24). Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur, Matt. 3:11 (Lk. 3:16). Die regverdiges sal behoue bly deur vuur, 1 Ne. 22:17. Die bose sal Hy vernietig deur vuur, 2 Ne. 30:10. Nefi het verduidelik hoe ons die doop van vuur en die Heilige Gees ontvang, 2 Ne. 31:13–14 (3 Ne. 9:20; 12:1; 19:13; Ether 12:14; L&V 33:11). Jy moet vergifnis van sondes verkondig deur die doop en deur vuur, L&V 19:31. Die groot en gruwelike kerk sal neergewerp word deur verterende vuur, L&V 29:21. Die aarde sal verbygaan soos deur vuur, L&V 43:32. Die aansyn van die Here sal wees soos die verterende vuur, L&V 133:41. Adam is gedoop deur vuur en die Heilige Gees, Moses 6:66.