Liahona In die Boek van Mormon, ’n brons bal met twee wysers wat rigting gegee het—soos ’n kompas—en ook geestelike aanwysings aan Lehi en sy volgelinge wanneer hulle regverdig was. Die Here het die Liahona verskaf en het aanwysings daardeur gegee. Lehi het ’n brons bal met twee asse gevind wat in die rigting gewys het waarheen Lehi en sy gesin moes gaan, 1 Ne. 16:10. Die bal het volgens geloof en ywer gewerk, 1 Ne. 16:28–29 (Alma 37:40). Benjamin het die bal aan Mosia gegee, Mosia 1:16. Die bal of rigtingwyser was die Liahona genoem, Alma 37:38. Die Liahona is vergelyk met die woord van Christus, Alma 37:43–45. Die Drie Getuies van die Boek van Mormon sou die rigtingwyser sien wat aan Lehi gegee is, L&V 17:1.