’n Groep mense in die Boek van Mormon waarvan baie afstammelinge was van die profeet Nefi, seun van Lehi. Hulle het afgeskei van die Lamaniete en was oor die algemeen regverdiger as die Lamaniete. Nogtans is hulle uiteindelik vernietig deur die Lamaniete as gevolg van goddeloosheid.
Die Nefiete het afgeskei van die Lamaniete, 2 Ne. 5:5–17 .
Al diegene wat nie Lamaniete was nie, was Nefiete, Jakob 1:13 .
Die Nefiete was deur ’n beter saak begeester, Alma 43:6–9, 45 .
Die Nefiete was nog nooit gelukkiger as in die tyd van Moroni nie, Alma 50:23 .
Die Nefiete was gered vanweë die gebede van die regverdiges, Alma 62:40 .
Die Nefiete het in ongeloof begin kwyn, Hel. 6:34–35 .
Jesus het geleer en gedien onder die Nefiete, 3 Ne. 11:1–28:12 .
Almal is bekeer tot die Here en het alle dinge in gemeen gehad, 4 Ne. 1:2–3 .
Daar was geen twis nie, die liefde van God het in hulle harte gewoon, en hulle was die gelukkigste volk, 4 Ne. 1:15–16 .
Die Nefiete het begin om hoogmoedig en ydel te word, 4 Ne. 1:43 .
Bloed en slagting het oor die hele aangesig van die land versprei, Morm. 2:8 .
Die Nefiete het toegeneem in goddeloosheid en Mormon het geweier om hulle te lei, Morm. 3:9–11 .
Al die Nefiete, behalwe vir vier en twintig, is gedood, Morm. 6:7–15 .
Elke Nefiet wat nie vir Christus wou loën nie, is gedood, Moro. 1:2 .
Die Nefiete is vernietig as gevolg van hulle goddeloosheid en sondes, L&V 3:18 .
Oppas vir hoogmoed uit vrees dat julle soos die Nefiete sal word, L&V 38:39 .