Seuns en Dogters van God Sien ook Kinders van Christus; Mens die, Mense; Versoen, Versoening; Verwek; Wedergebore, Gebore uit God Die skrifture gebruik hierdie terme op twee maniere. In een sin is ons almal letterlike geesteskinders van ons Hemelse Vader. In ’n ander sin is God se seuns en dogters diegene wat weer gebore is deur die Versoening van Christus. Geesteskinders van die Vader Julle is gode, seuns van die Allerhoogste, Ps. 82:6. Ons is die geslag van God, Hand. 17:29. Ons moet veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees, Hebr. 12:9. Ek is ’n seun van God, Moses 1:13. Kinders wedergebore deur die Versoening Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, Joh. 1:12 (Rom. 8:14; 3 Ne. 9:17; L&V 11:30). Nou is ons kinders van God, 1 Joh. 3:1–2. Julle sal die kinders van Christus genoem word, sy seuns en sy dogters, Mosia 5:7. Alle mense moet weer gebore word, en sy seuns en dogters word, Mosia 27:25. Hulle sal my seuns en my dogters word, Ether 3:14. Jy sal sekerlik ’n kind van Christus word, Moro. 7:19. Al diegene wat my evangelie ontvang is seuns en dogters, L&V 25:1. Hulle is gode, en wel die seuns van God, L&V 76:58. So kan almal my seuns word, Moses 6:68. Baie het geglo en die seuns van God geword, Moses 7:1.