Bedrog, Bedrieg, Bedrieër Sien ook Lieg In die skrifture is om te bedrieg om iemand iets te laat glo wat nie waar is nie. In die skrifture is bedrog geslepe slinksheid. Hy wat nie vals sweer nie, sal seën wegdra van die Here, Ps. 24:3–4. Welgeluksalig is die mens in wie se gees geen bedrog is nie, Ps. 32:2 (Ps. 34:14; 1 Petr. 2:1). Red my van die man van bedrog en onreg, Ps. 43:1. Wee hulle wat sleg goed noem, en goed sleg, Jes. 5:20 (2 Ne. 15:20). Natánael was ’n Israeliet in wie daar geen bedrog was nie, Joh. 1:48 (L&V 41:9–11). Laat niemand homself bedrieg nie, 1 Kor. 3:18. Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, Efés. 5:6. Goddelose mense sal bedrieg en bedrieg word, 2 Tim. 3:13. Satan, wat die hele wêreld verlei het, is neergewerp, Openb. 12:9. Satan is gebind sodat hy die nasies nie meer kan verlei nie, Openb. 20:1–3. Die Here kan nie bedrieg word nie, 2 Ne. 9:41. As julle die Seun volg, en optree sonder geveinsdheid of bedrog voor God, sal julle die Heilige Gees ontvang, 2 Ne. 31:13. Sjerem het bely dat hy bedrieg was deur die mag van die duiwel, Jakob 7:18. Die volk van Koning Mosia was bedrieg deur vleiende woorde, Mosia 11:7. Die wyses het die Heilige Gees geneem as hul leidsman en is nie verlei nie, L&V 45:57. Wee hulle wat bedrieërs is, L&V 50:6. Suiwer kennis bevorder die siel sonder bedrog, L&V 121:42. Hy het Satan geword, die vader van alle leuens, om te bedrieg en om mense te verblind, Moses 4:4.