Heilige Sien ook Christene; Kerk van Jesus Christus; Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, Die ’n Getroue lid van die Kerk van Jesus Christus. Versamel die wat aan My getrou is, Ps. 50:5. Saulus het baie kwaad gedoen aan die heiliges in Jerusalem, Hand. 9:1–21. Petrus het ook gekom by die heiliges wat in Lidda woon, Hand. 9:32. Geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader, Rom. 1:7. Julle is medeburgers van die heiliges, Efés. 2:19–21. Ek het die Kerk van die Lam gesien, wat die Heiliges van God was, 1 Ne. 14:12. Die natuurlike mens is ’n vyand van God tensy hy ’n heilige word deur die versoening van Christus, Mosia 3:19. Ek, die Here, het die land geseën vir die gebruik van my Heiliges, L&V 61:17. Satan maak oorlog teen die Heiliges van God, L&V 76:28–29. Arbei ywerig om die Heiliges voor te berei vir die oordeel wat moet kom, L&V 88:84–85. Heiliges moet van hulle besittings deel met die armes en verdruktes, L&V 105:3. Die bogenoemde ampte het ek gegee vir die werk van die bediening en die vervolmaking van my Heiliges, L&V 124:143 (Efés. 4:12).