Middelaar Sien ook Jesus Christus; Versoen, Versoening ’n Bemiddelaar of tussenganger. Jesus Christus is die middelaar tussen God en die mens. Sy Versoening het die weg moontlik gemaak vir mense om te bekeer van hulle sondes en om versoen te word met God. Niemand kom na die Vader behalwe deur Jesus Christus nie, Joh. 14:6. Daar is een Middelaar tussen God en die mense, 1 Tim. 2:5. Christus is die Middelaar van ’n beter verbond, Hebr. 8:6 (Hebr. 9:15; 12:24; L&V 107:19). Die Heilige Messias sal bemiddeling maak vir al die kinders van mense, 2 Ne. 2:9 (Jes. 53:12; Mosia 14:12). Julle moet kyk na die groot Middelaar, 2 Ne. 2:27–28. Ons is vervolmaak deur Jesus die Middelaar van die nuwe verbond, L&V 76:69.