Studiehulp
Tabernakel


Tabernakel

’n Huis van die Here, die middelpunt van Israel se aanbidding gedurende die Uittog uit Egipte. Die tabernakel was eintlik ’n draagbare tempel en kon uitmekaar gehaal word en weer aanmekaar gesit word. Die kinders van Israel het ’n tabernakel gebruik totdat hulle die tempel van Salomo gebou het (L&V 124:38).

God het die plan van die tabernakel aan Moses geopenbaar (Ex. 26–27) en die kinders van Israel het dit volgens daardie plan gebou (Ex. 35–40). Toe die tabernakel voltooi was, het ’n wolk die tent oordek en die heerlikheid van die Here het die tabernakel gevul (Ex. 40:33–34). Die wolk was ’n teken van God se teenwoordigheid. In die nag het dit die voorkoms van ’n vuur gehad. Wanneer die wolk oor die tent gebly het, het die kinders van Israel laer opgeslaan. As dit beweeg het, het hulle saam met dit beweeg (Ex. 40:36–38; Núm. 9:17–18). Gedurende hulle swerftogte in die woestyn en hulle verowering van die land Kanaän het die kinders van Israel die tabernakel saam met hulle gedra. Na daardie verowering was die tabernakel gevestig in Silo, die plek wat die Here uitgekies het (Jos. 18:1). Nadat die kinders van Israel die tempel van Salomo gebou het is die tabernakel nooit weer in die geskiedenis genoem nie.

Die Here en Jesaja het die tabernakel gebruik as ’n simbool van die stede van Sion en Jerusalem ten tye van die Here se Tweede Koms (Jes. 33:20; Moses 7:62).