Studiehulp
Alma, Seun van Alma


Alma, Seun van Alma

In die Boek van Mormon, die eerste hoofregter en profeet in die Nefitiese nasie. Gedurende sy vroeëre jare het hy gepoog om die Kerk te vernietig (Mosia 27:8–10). Nogtans, ’n engel het aan hom verskyn en hy is bekeer tot die evangelie (Mosia 27:8–24; Alma 36:6–27). Later het hy sy posisie as hoofregter prysgegee ten einde die mense te onderrig (Alma 4:11–20).

Die boek van Alma

’n Aparte boek in die Boek van Mormon, bevattende ’n verkorting van die kronieke van die profete Alma, die seun van Alma, en sy seun Helaman. Die gebeure wat beskryf word in die boek, vind plaas van ongeveer 91 tot 52 v.C. Die boek bevat 63 hoofstukke. Hoofstukke 1–4 beskryf die rebellie van die volgelinge van Nehor en Amliki teen die Nefiete. Die daaruit voortvloeiende oorloë was van die mees vernietigende tot op daardie tydstip in Nefitiese geskiedenis. Hoofstukke 5–16 bevat die verslag van Alma se vroeëre sendingreise, insluitende sy preek oor die Goeie Herder (Alma 5) en sy prediking saam met Amulek in die stad Ammoniha. Hoofstukke 17–27 bevat die kroniek van die seuns van Mosia en hulle bediening onder die Lamaniete. Hoofstukke 28–44 bevat sommige van Alma se belangrikste preke. In hoofstuk 32 het Alma die woord met ’n saad vergelyk; in hoofstuk 36 het hy sy bekeringsverhaal aan sy seun Helaman vertel. Hoofstukke 39–42 bevat Alma se raad aan sy seun Corianton, wat morele oortredings begaan het; hierdie belangrike preek verduidelik geregtigheid, barmhartigheid, die Opstanding, en die Versoening. Hoofstukke 45–63 beskryf Nefitiese oorloë van daardie tydperk en migrasies onder Hagot. Sulke groot leiers soos Kaptein Moroni, Teankum, en Lehi het gehelp om die Nefiete te bewaar deur hulle dapper en tydige handelinge.

Druk