Die derde lid van die Godheid (1 Joh. 5:7 ; L&V 20:28 ). Hy is ’n persoon van Gees wat nie ’n liggaam van vlees en been het nie (L&V 130:22 ). Daar word dikwels na die Heilige Gees verwys as die Gees, of die Gees van God.
Die Heilige Gees vervul verskeie lewensbelangrike rolle in die heilsplan. (1) Hy getuig van die Vader en die Seun (1 Kor. 12:3 ; 3 Ne. 28:11 ; Ether 12:41 ). (2) Hy openbaar die waarheid van alle dinge (Joh. 14:26 ; 16:13 ; Moro. 10:5 ; L&V 39:6 ). (3) Hy reinig diegene wat bekeer het en gedoop word (Joh. 3:5 ; 3 Ne. 27:20 ; Moses 6:64–68 ). (4) Hy is die Heilige Gees van Belofte (L&V 76:50–53 ; 132:7, 18–19, 26 ).
Die mag van die Heilige Gees kan voor die doop oor ’n persoon kom en getuig dat die evangelie waar is. Maar die reg om die voortdurende metgeselskap van die Heilige Gees te hê, wanneer ’n mens waardig is, is ’n gawe wat slegs ontvang kan word deur die oplegging van hande deur ’n draer van die Melgisédekse Priesterskap na ’n gevolmagtigde doop in die ware Kerk van Jesus Christus.
Jesus het geleer dat alle sondes vergewe kan word behalwe lastering teen die Heilige Gees (Matt. 12:31–32 ; Mark. 3:28–29 ; Lk. 12:10 ; Hebr. 6:4–8 ; L&V 76:34–35 ).
Die Apostels is opdrag gegee om te doop in die naam van die Vader, Seun en die Heilige Gees, Matt. 28:19 .
Die Heilige Gees sal julle alles leer, Joh. 14:26 .
Heilige mense van God het gespreek soos hulle deur die Heilige Gees gedrywe is, 2 Petr. 1:21 .
Nefi is gelei deur die Gees, 1 Ne. 4:6 .
Die verborgenhede van God sal aan hulle ontvou deur die mag van die Heilige Gees, 1 Ne. 10:17–19 .
Die Heilige Gees toon alle dinge wat julle moet doen, 2 Ne. 32:5 .
Deur die mag van die Heilige Gees mag julle die waarheid van alle dinge weet, Moro. 10:5 .
Die Heilige Gees sal jou in jou verstand en in jou hart vertel, L&V 8:2 .
Die Gees lei om goed te doen, L&V 11:12 .
Die Heilige Gees weet alle dinge, L&V 35:19 .
Die Heilige Gees leer die vreedsame dinge van die koninkryk, L&V 36:2 (L&V 39:6 ).
As julle nie die Gees ontvang nie, sal julle nie onderrig nie, L&V 42:14 .
Die Heilige Gees getuig van die Vader en die Seun, L&V 42:17 (1 Kor. 12:3 ; 3 Ne. 11:32, 35–36 ).
Aan sommige word dit gegee deur die Heilige Gees om te weet dat Jesus Christus die Seun van God is, L&V 46:13 .
Wat hulle ook al sal spreek wanneer hulle beweeg word deur die Heilige Gees, sal skriftuur wees, L&V 68:4 .
Die Heilige Gees sal uitgestort word om te getuig van alle dinge wat julle sal sê, L&V 100:8 .
Die Heilige Gees sal jou voortdurende metgesel wees, L&V 121:45–46 .