Wellus, Wellustigheid Sien ook Egbreuk; Kuisheid; Ontug; Seksuele Onsedelikheid ’n Geneigdheid tot of begeerte vir fisiese genot, veral seksuele onsedelikheid. Die vrou van sy heer het haar oë na Josef opgeslaan, Gén. 39:7. Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, Spr. 6:25. Elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer, het egbreuk gepleeg, Matt. 5:28 (3 Ne. 12:28). Mans het met wellus teenoor mekaar ontbrand, Rom. 1:27. Onthou julle van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel, 1 Petr. 2:11. Die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë is nie uit die Vader nie, 1 Joh. 2:16. Jaag nie meer die begeerte van jou oë na nie, Alma 39:9. Deur die oortreding van heilige wette het die mens wellustig geword, L&V 20:20. Hy wat na ’n ander vrou kyk om haar te begeer, sal die geloof loën, L&V 42:23. As enigeen egbreuk pleeg in hulle harte, sal hulle nie die Gees hê nie, L&V 63:16. Hou op met julle wellustige begeertes, L&V 88:121. Die mense het begin om vleeslik, sinlik en duiwels te wees, Moses 5:13 (Mosia 16:3; Moses 6:49).