Helaman, Seuns van Sien ook Anti-Nefi-Lehi’s; Helaman, Seun van Alma In die Boek van Mormon, seuns van bekeerde Lamaniete, bekend as Ammoniete, wat krygsmanne geword het onder Helaman se bevel (Alma 53:16–22). Helaman het hulle waardig geag om sy seuns genoem te word, Alma 56:10. Hulle moeders het hulle geleer om nie die Here se vermoë om hulle te verlos te betwyfel nie, Alma 56:47. Hulle het die Lamaniete verslaan en is bewaar deur hulle geloof sodat niemand gedood is nie, Alma 56:52–54, 56; 57:26.