Rome
In die Nuwe Testament, die hoofstad van die Romeinse Ryk, geleë aan die Tiberrivier in Italië (Hand. 18:2; 19:21; 23:11). Paulus het die evangelie in Rome verkondig toe hy ’n gevangene was van die Romeinse regering (Hand. 28:14–31; Rom. 1:7, 15–16).