Die lewe voor die aardse lewe. Alle mense het by God gewoon as sy geesteskinders voordat hulle as sterflike wesens na die aarde toe gekom het. Dit word somtyds die eerste staat genoem (Abr. 3:26 ).
Toe God die fondamente van die aarde gelê het, het al die kinders van God saam gejubel, Job 38:4–7 .
Die gees sal na God terugkeer wat dit gegee het, Pred. 12:7 .
Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken, Jer. 1:4–5 .
Ons is ook sy geslag, Hand. 17:28 .
God het ons gekies voor die grondlegging van die wêreld, Efés. 1:3–4 .
Ons moet aan die Vader van die geeste onderworpe wees, Hebr. 12:9 .
En die engele wat hul eerste staat nie behou het nie, het hy met ewige boeie onder die duisternis bewaar, Judas 1:6 (Abr. 3:26 ).
Die duiwel en sy engele is neergewerp, Openb. 12:9 .
Christus het oor die uitspansel van die ewigheid en die Leërskare van die hemel gekyk voordat die wêreld gevorm is, L&V 38:1 .
Die mens was ook aan die begin by God, L&V 93:29 (Hel. 14:17 ; L&V 49:17 ).
Adellike geeste is in die begin gekies om heersers in die Kerk te wees, L&V 138:53–55 .
Baie het hulle eerste lesse in die geesteswêreld ontvang, L&V 138:56 .
Alle dinge is geestelik geskape voordat hulle op die aarde was, Moses 3:5 .
Ek het die wêreld en mense gemaak voordat hulle in die vlees was, Moses 6:51 .
Abraham het die intelligensies gesien wat georganiseer was voordat die wêreld was, Abr. 3:21–24 .