Oorlog in die Hemel Sien ook Raadsvergadering in die Hemel; Vooraardse Lewe Die konflik wat plaasgevind het in die vooraardse lewe onder die geesteskinders van God. Satan is uit die hemel gewerp en op die aarde neergewerp, Openb. 12:4, 7–9. Die duiwel en ’n derde deel van die hemel is neergewerp, L&V 29:36–37. Lucifer het teen die Eniggebore Seun gerebelleer, L&V 76:25–26. Satan het die heerlikheid van die Vader gesoek en om die handelingsmag van die mens te vernietig, Moses 4:1–4 (Jes. 14:12–15; Abr. 3:27–28). Diegene wat God gevolg het, het hulle eerste staat behou, na die aarde gekom en het liggame ontvang, Abr. 3:26.