Juda
In die Ou Testament, die vierde seun van Jakob en Lea (Gén. 29:35; 37:26–27; 43:3, 8; 44:16; 49:8). Jakob het vir Juda geseën dat hy ’n natuurlike leier sou wees onder die seuns van Jakob en dat Silo (Jesus Christus) sy afstammeling sal wees (Gén. 49:10).
Die stam van Juda
Die stam van Juda het die leiding geneem ná die vestiging in Kanaän. Die hoofmededinger was die stam van Efraim. Moses het die stam van Juda geseën (Deut. 33:7). Na die heerskappy van Salomo het die stam van Juda die koninkryk van Juda geword.
Die koninkryk van Juda
Gedurende die regering van Rehábeam is die heerskappye van Salomo verdeel in twee aparte koninkryke, hoofsaaklik vanweë die jaloesie tussen die stam van Efraim en Juda. Die suidelike koninkryk, of koninkryk van Juda, het die stam van Juda ingesluit en die groter deel van Benjamin. Jerusalem was die hoofstad. Oor die algemeen het Juda getrouer gebly aan die aanbidding van Jehova as die noordelike koninkryk. Juda was minder blootgestel aan ’n inval uit die noorde en ooste en die oppergesag het in die hande van Dawid se familie gebly tot die Babiloniese slawerny. Die koninkryk van Juda het daarin geslaag om te bestaan vir 135 jaar na die ondergang van die talryker en magtiger koninkryk van Israel.
Die stok van Juda
Dit verwys na die Bybel as ’n kroniek van die huis van Juda (Eség. 37:15–19). In die laaste dae, wanneer die verskillende takke van die huis van Israel versamel word, sal hulle heilige kronieke ook bymekaar gemaak word. Hierdie skriftuurlike kronieke vul mekaar aan en vorm ’n verenigde getuienis dat Jesus die Christus is, die God van Israel en die God van die hele aarde (JSV, Gén. 50:24–36 [Bylae]; 2 Ne. 3; 29).