Onsterflik, Onsterflikheid Sien ook Heil; Jesus Christus; Opstanding; Sterflik, Sterflikheid; Versoen, Versoening Die toestand om vir altyd te leef in ’n herrese toestand, nie onderworpe aan ’n fisiese dood nie. Hy het opgestaan, Mark. 16:6. So sal almal in Christus lewend gemaak word, 1 Kor. 15:22. Die dood is verslind wanneer hierdie sterflike met onsterflikheid beklee word, 1 Kor. 15:53–54. Christus het die dood tot niet gemaak en die onverderflikheid aan die lig gebring, 2 Tim. 1:10. Onsterflikheid is die herstelling van die gees aan die liggaam, 2 Ne. 9:13. Geeste wat herenig word met hulle liggame, word onsterflik, om nooit weer dood te gaan nie, Alma 11:45. Die gelowiges sal bekroon word met onsterflikheid en die ewige lewe, L&V 75:5. Die aarde sal geheilig en onsterflik word, L&V 77:1 (L&V 130:9). God se werk en heerlikheid is om die onsterflikheid en ewige lewe van die mens teweeg te bring, Moses 1:39.