Geduld Sien ook Sagmoedig, Sagmoedigheid; Volhard Kalme volharding; die vermoë om verdrukkinge, belediging of besering te verduur sonder klagte of wraak. Swyg voor die Here en verwag Hom, Ps. 37:7–8. Die lankmoedige is groot van verstand, Spr. 14:29. Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry, Lk. 21:19. Deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte kan ons hoop hê, Rom. 15:4. Wees navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is, Hebr. 6:12–15. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees, Jak. 1:2–4. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, Jak. 5:11. Hulle het blymoedig en met geduld hulle onderwerp aan die ganse wil van die Here, Mosia 24:15. Jy het al hierdie dinge met geduld verduur omdat die Here met jou was, Alma 38:4–5. Volhard in geduld totdat julle vervolmaak is, L&V 67:13.