Verborgenhede van God is geestelike waarhede wat net deur openbaring geken kan word. God openbaar sy geheimenisse aan diegene wat gehoorsaam is aan die evangelie. Sommige van God se verborgenhede moet nog openbaar gemaak word.
Dit is aan julle gegee om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, Matt. 13:11 .
Al sou ek die geheimenisse weet en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie, 1 Kor. 13:2 .
Nefi het ’n groot kennis van die verborgenhede van God gehad, 1 Ne. 1:1 .
Dit word aan baie gegee om die verborgenhede van God te ken, Alma 12:9 .
Aan sulkes is dit gegee om die verborgenhede van God te ken, Alma 26:22 .
Hierdie verborgenhede is nog nie ten volle aan my bekend gemaak nie, Alma 37:11 .
Daar is baie verborgenhede wat niemand ken nie behalwe God homself, Alma 40:3 .
Hoe groot is die verborgenheid van goddelikheid, L&V 19:10 .
As jy vra, sal jy openbaring ontvang en die verborgenhede van die koninkryk ken, L&V 42:61, 65 (1 Kor. 2:7, 11–14 ).
Hy wat die gebooie onderhou, sal die verborgenhede van die koninkryk ontvang, L&V 63:23 .
Aan hulle sal Ek alle verborgenhede openbaar, L&V 76:7 .
Die groter priesterskap hou die sleutels van die verborgenhede, L&V 84:19 .
By sy koms sal die Here verborge dinge openbaar wat geen mens geweet het nie, L&V 101:32–33 .
Die Melgisédekse Priesterskap sal die voorreg hê om die verborgenhede van die koninkryk te ontvang, L&V 107:19 .