Eerbied Sien ook Eer; Vrees Diepe respek vir heilige dinge; verwondering Die Here het Moses beveel om sy skoene uit te trek, want hy het op heilige grond gestaan, Ex. 3:4–5. God moet gevrees word en met ontsag bejeën word, Ps. 89:8. Dien God welbehaaglik met eerbied en vrees, Hebr. 12:28. Moroni het homself neergebuig tot die aarde en vuriglik aanbid, Alma 46:13. Die skare het op die aarde neergeval en Christus aanbid, 3 Ne. 11:12–19. Buig neer voor My, L&V 5:24. Alle dinge buig in nederige eerbied voor die troon van God, L&V 76:93. Julle verstand was verduister omdat julle die dinge wat julle ontvang het ligtelik opgeneem het, L&V 84:54–57. Elke knie sal buig en elke tong sal bely, L&V 88:104. Uit agting of eerbied vir die Naam van die Opperwese, het die Kerk daardie priesterskap na Melgisédek vernoem, L&V 107:4. Seëninge sal uitgestort word op diegene wat die Here eerbiedig in sy huis, L&V 109:21.