Voorafverordinering Sien ook Vooraardse Lewe God se vooraardse verordinering van sy getroue geesteskinders om sekere sendings te vervul gedurende hulle sterflike lewens. God het die grense van die volke vasgestel, Deut. 32:8. Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou tot ’n profeet vir die nasies gemaak, Jer. 1:5. God het voorafbepaalde tye vasgestel, Hand. 17:26. Dié wat Hy vantevore geken het, het Hy ook vantevore geordineer, Rom. 8:28–30. Hy het ons in Hom gekies voor die grondlegging van die wêreld, Efés. 1:3–4. Jesus Christus is vooruit geken om die Verlosser te wees, 1 Petr. 1:19–20 (Openb. 13:8). Hulle is geroep en voorberei vanaf die grondlegging van die wêreld, Alma 13:1–9. Ek het die adellikes en grotes waargeneem wat in die begin gekies was, L&V 138:55–56. My Geliefde Seun was vanaf die begin gekies, Moses 4:2. Abraham is gekies voordat hy gebore is, Abr. 3:23.