’n Gesagsposisie of verantwoordelikheid in ’n organisasie, wat dikwels in die skrifture gebruik word om ’n posisie van priesterskapsgesag te beteken; mag ook beteken die pligte wat toegesê word aan die posisie of die persoon wat die posisie beklee.
Ons het ons amp verheerlik vir die Here, Jakob 1:19 .
Melgisédek het die amp van die hoëpriesterskap ontvang, Alma 13:18 .
Die amp van die engele se bediening is om mense tot bekering te roep, Moro. 7:31 .
Geen persoon mag geordineer word tot enige amp in die Kerk, sonder die stem van daardie kerk nie, L&V 20:65 .
Laat elke man in sy eie amp dien, L&V 84:109 .
Daar is presidente, of presiderende amptenare, wat aangestel word uit diegene wat geordineer is tot die ampte in hierdie twee priesterskappe, L&V 107:21 .
Die pligte van diegene wat oor die ampte van die priesterskapkworums presideer, word beskryf, L&V 107:85–98 .
Laat elke man sy plig leer en om op te tree in die amp waarin hy aangestel is, L&V 107:99–100 .
Ek gee aan julle die ampsdraers wat behoort tot my priesterskap, L&V 124:123 .