Preek Sien ook Evangelie; Sendingwerk Om ’n boodskap te gee wat ’n beter begrip gee van ’n evangeliese beginsel of leerstelling. Die Here het my gesalf om ’n blye boodskap te bring aan die nederiges, Jes. 61:1 (Lk. 4:16–21). Maak jou klaar, gaan heen na Ninevé, en verkondig daar, Jona 3:2–10. Van toe af het Jesus begin om te preek, Matt. 4:17. Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom, Mark. 16:15. Ons verkondig Christus wat gekruisig is, 1 Kor. 1:22–24. Hy het heengegaan en gepreek vir die geeste in die gevangenis, 1 Petr. 3:19. Daar was niks behalwe prediking en om hulle voortdurend aan te spoor om hulle te hou in die vrese van die Here, Enos 1:23. Hy het hulle beveel dat hulle niks moes preek nie tensy dit bekering en geloof in die Here is, Mosia 18:20. Die prediking van die Woord het ’n groot neiging gehad om die volk te lei om dit te doen wat regverdig was, Alma 31:5. Jy moet nie veronderstel dat jy geroep is om te preek voordat jy geroep word nie, L&V 11:15. Dit sal aan niemand gegee word om uit te gaan om te preek, tensy hy geordineer is nie, L&V 42:11. Hierdie evangelie sal aan elke nasie verkondig word, L&V 133:37. Vanaf die begin is die evangelie verkondig, Moses 5:58.