Sabbatdag
’n Heilige dag wat elke week daargestel is vir rus en aanbidding. Nadat God alle dinge geskep het, het Hy op die sewende dag gerus en beveel dat een dag in elke week ’n dag van rus moet wees om mense te help om Hom te onthou (Ex. 20:8–11).
Voor die Opstanding van Christus het die lede van die Kerk die laaste dag van die week as die Sabbat gevier, net soos die Jode. Na die Opstanding het die lede van die Kerk, ongeag of hulle Jode of nie-Jode was, die eerste dag van die week onderhou (die Here se dag) om die Here se Opstanding te onthou. Vandag hou die Kerk aan om een dag elke week te onderhou as ’n heilige Sabbatdag waarop God aanbid word en om te rus van wêreldse arbeid.
Die Sabbat herinner mense aan hulle behoefte aan geestelike voedsel en aan hulle plig om God te gehoorsaam. Wanneer ’n volk nalatig word om die Sabbat te onderhou, word alle aspekte van die lewe beïnvloed en sy godsdienstige lewe word vervalle (Neh. 13:15–18; Jer. 17:21–27).